Met ’n prins op ’n perd

LEPHALALE — ‘n Leerder het nie aldag die voorreg om op jou perd saam met die Prins van Pakistan vir ’n foto te poseer nie!

’n Foto saam met Prins Malik van Pakistan, een van die Internasionale span se verteenwoordigers!

Lephalale se Fred en Johan Pistorius, Janco de Bruin en Dean Botha het Saterdag 8 September in Middelburg aan die “Tentpegging”-kampioenskappe deelgeneem.

Die ruiters neem individueel deel sowel as in spanformaat. As span het hulle die dag onoorwonne afgesluit met vier eerste en twee tweede plekke. Hulle span is aangewys as die beste junior seksie- en half seksiespan.

Individueel behaal Johan Pistorius ’n eerste plek in enkel swaard en ’n tweede plek in Wapenbehendigheid. Janco de Bruin behaal ’n derde plek in Ring en Pen en Wapenbehendigheid. Fred Pistorius behaal ’n derde plek in Enkel Swaard.

Die Junior SA-Kampioenskappe word in Desember vanjaar te Jacobsdal in die Noord-Kaap gehou.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.