Mogol-hengel

Leoni Kruger
LEPHALALE — Mogol hengelklub het op 23 Januarie ‘n stillerige dag by Stilwaterhengelgat gehad. Die wenners van die dag was Johan en Dricky Botha.
Die wenners by die naweekkompetisie by Glen Alphine op 6 Februarie was Anita en Mocke le Roux.
Die klublede bedank almal wat aan beide kompetisies deelgeneem het.
Die “skins”-kompetisie vind Saterdag 20 Februarie vanaf 07:00 tot 15:00 by Stilwater plaas. Die inskrywingsgeld is R100 per stok, maar dag- of hekfooie nie is betaalbaar nie.
Die organiseerders wys alle deelnemers daarop dat geen drinkgoed te koop aangebied sal word nie en dat elkeen hulle eie drinkgoed moet saamneem.
Skakel Juritsa Kruger by 082 327 8476 vir meer inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.