Mogol parkrun-nuus

Willem van Rooyen, Marietjie Nel en Pieter Cloete
Willem van Rooyen, Marietjie Nel en Pieter Cloete

LEPHALALE — Pieter Cloete het Saterdag 17 September die vierde lid van die Mogol parkrun 100-klub geword. Hy het boonop sy persoonlike beste tyd verbeter na 31 minute en 54 sekondes.
Marietjie Nel (17 September) en Willem van Rooyen (24 September) het ook hulle 50ste parkrun voltooi. Marietjie spog tans met die derde beste tyd in haar oudersomskategorie vir die Mogol parkrun.
Willem se ma, Lettie van Rooyen, is ook reeds deel van die 50-klub. Amanda, Willem se vrou en hulle twee dogters, Anika en Wilmi, is ook kranige parkrunners. Willem spog met ‘n persoonlike beste tyd van 22 minute en 59 sekondes.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.