Mogol parkrun vir hele familie

Lettie is ‘n voorbeeld!
Lettie is ‘n voorbeeld!

LEPHALALE — Lettie van Rooyen het Saterdag 30 Januarie haar 50ste parkrun voltooi. Die hele Van Rooyenfamilie (ouma, kinders en kleinkinders) is gereelde parkrunners. Ouma Lettie stap gereeld saam met kinders (Willem en Amanda) en kleinkinders (Anika en Wilmi).
Lettie het al 50 haar parkruns by Mogol parkrun voltooi. Sy spog met ‘n persoonlike beste tyd van 43 minute en nege sekondes, wat die vyfde vinnigste tyd in haar spesifieke ouderdomskategorie is. Die verskil tussen die tweede vinnigste tyd in hierdie ouderdomskategorie en Lettie se tyd is net meer as een en half minute.
“Baie geluk Lettie, mag jy vir nog by baie parkruns ‘n voorbeeld vir jou familie wees” sê Neels Gerber, klubbestuurder.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.