
LEPHALALE — Capricorn Pluimbalklub van Polokwane het Saterdag 28 Januarie ‘n vriendskaplike toernooi tuis aangebied en Mogol Pluimbal was daar. Ander klubs wat deelgeneem het is Phalaborwa, Tzaneen en Makhado.
‘n Totaal van 52 spelers het aan die toernooi deelgeneem.
Die spelers is in drie ligas opgedeel. Mogolspelers wat uitgestaan het is in die A-liga: Anelia van Zyl met ‘n tweede plek en Tommy Muszynski met ‘n derde plek.
In die B-liga behaal Greg Florens ‘n eerste plek, Jacques Botha behaal ‘n tweede plek en Petro Kruger behaal ‘n derde plek.
Die volgende toernooi word beplan om in Maart vanjaar tuis aangebied te word.
Skakel JJ van Zyl by 082 802 0907 vir navrae.