Mogol-ringbal blink uit

LEPHALALE — Die spanne van Mogol-ringbal het Saterdag 16 Maart vanaf 14:00 hulle eerste ligawedstryde te Polokwane gespeel en veral die dames het baie goed gevaar.

Die damespan het opeenvolgende wedstryde gespeel en die tellings was as volg:

14:00: Mogol Dames A1 teen Parke Dames A1 – Mogol verloor 50-22;
15:00: Mogol Dames A1 teen Vikings (Burgersfort) Dames A1 – Mogol wen 44-21;
17:00: Mogol Dames A1 teen Vikings Dames A2 – Mogol wen 77-4; en
18:00: Mogol Dames A1 teen Parke Dames A2 – Mogol wen 59-24.

Die manspan het ook goed gevaar:

15:00: Mogol Mans A1 teen Parke Mans A1 – Mogol wen 64-32; en
18:00: Mogol Mans A1 teen Vikings Mans A1 – Mogol wen 80-30.

Die volgende ligawedstryde word Saterdag 30 Maart teen Tzaneenringbalklub op tuisveld gespeel.

Ringbaloefeninge is elke Dinsdag- en Donderdagaand by die Mogol Ringbalklub. Die juniors oefen van 17:30–18:00 en die seniors vanaf 18:00.

Enigiemand is welkom om by hulle aan te sluit. Skakel Fransisca Higgo by 074 217 9237 of Apie Higgo by 078 803 3492 vir enige navrae.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.