Mogol Rugby nuwe moed met nuwe vere

Frik Versfeld van Matopi Ford (middel)oorhandig Mogol Rugby se splinternuwe geborgde truie aan Jurg van Heerden afrigter (links). By hulle op die foto is Pieter Malherbe van One Stop
Frik Versfeld van Matopi Ford (middel)oorhandig Mogol Rugby se splinternuwe geborgde truie aan Jurg van Heerden afrigter (links). By hulle op die foto is Pieter Malherbe van One Stop

Leoni Kruger
LEPHALALE — Mogol Rugby het Vrydag 13 Mei kragte gemeet met Northam op hulle velde. Mogol se eerste span verloor met ‘n telling van 24-34. Drieë is gedruk deur Nico Fourie, Marikus Cloete, Nils Meiring en Vernon Crail. Sven Schutte was die doelskopper.
Mogol se tweede span vaar ook nie goed nie en verloor 6-47. Johanco Pearson het twee strafskoppe oorgeskop.
Nils Meiring en Cobus Pretorius was aangewys as Spelers van die Wedstryd.
Volgens die afrigters en spelers is dit moeilik om die nederlaag te aanvaar, maar die spelers is vasbeslote dat die uitslae anders gaan lyk wanneer Mogol op 24 Junie op tuisveld teen Northem speel.
Afrigter Jurg van Heerden sê die spelers het goed gespeel en hulle is baie trots op die manne. “Welgedaan aan Northem met hulle oorwinning” sê hy.
Die volgende wedstryde word Vrydag 20 Mei op tuisveld gespeel tussen Mogol en Warmbad. Die gemeenskap word versoek om die manne te gaan ondersteun.
Mogol Rugby spog ook deesdae met splinternuwe truie geskenk deur Matopi Ford. Die truie is verlede week deur Frik Versfeld van Matopi Ford aan Jurg van Heerden oorhandig en hy sê hulle is baie trots om dié truie vir die gemeenskap te wys.
Mogol Rugby bedank al hulle borge (groot en klein) van harte.
Enigiemand of enige instansie wat belangstel om as borg vir Mogol Rugby op te tree – hetsy in die vorm van sakke, vervoer of opknapping van hulle fasiliteite, kan Pierre Malherbe by 082 808 4772 of Recha Welman by 079 507 7389 skakel.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.