Mogol rugbynuus

Ria Wells
LEPHALALE — Mogol se rugbyspanne oefen elke Maandag- en Donderdagaand vanaf 18:00 by Mogol se velde.
Pierre Malherbe nooi alle manne wat graag wil rugby speel hartlik uit om by hulle aan te sluit. Lesers kan gerus daarop let dat hul eerste ligawedstryd teen Vaalwater op Vrydagaand, 15 April op tuisveld plaasvind. Gaan ondersteun gerus die dorpspan!
Kontak Pierre by 082 808 4772 vir meer inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.