Mogol wen weer

Leoni Kruger
LEPHALALE — Mogol rugby het Vrydag 6 Mei met Amandelbult kragte gemeet en skoonskip gemaak met ‘n telling van 26-3.
Puntemakers was Guy Emslie, Heinri Markgraaf, Jean Myburgh en Johanco Pearson wat drieë gedruk het. Johanco se skopvoet was ingestel en hy het ‘n hele paar drieë verdoel.
Spelers van die Wedstryd was Hannes Hamman en Kabelo Ndoweni.
Die bestuur bedank al die spelers vir die harde werk en toewyding en hulle wens die beseerdes sterkte toe.
Die volgende wedstryd is op 15 Mei teen Northam op hulle velde.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.