Mogolnetbal – Daisies wen

Dazzling Daisies
Dazzling Daisies

LEPHALALE — Ses netbalspanne (meer as 40 spelers) het Woensdag 8 Junie by die Mogolklub harde wedstryde gespeel in die Mogol Netbalseisoen finaal.
Die twee spanne in die finaal was die Dazzling Daisies en Tiger Lillies.
Die Daisies het na ‘n naelbyt-wedstryd geseëvier met ‘n eindtelling van 29-20. Jackie Visser, kaptein van die Daisies, sê “dit was ‘n lekker harde wedstryd en die Daisies het hulle eie doele goed laat tel. Ek is baie trots op die dames”.
Tiger Lillies kaptein, Michelle Nysschen, het gesê sy is baie trots op die span wat in hul eerste seisoen reeds na die finaal deurgedring het. Sy sê die span sien uit na die volgende seisoen.
Die oorblywende spanne het ‘n rondomtalie gespeel en die Blue Hawks het oortuigend gewen.
Mogolnetbal verwelkom altyd nuwe spelers en hulle nooi alle belangstellendes uit om by die klub aan te sluit.
Gaan kyk gerus op Mogol Netbalklub se Facebookblad vir meer inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.