Mogolpluimbal na SA’s

LEPHALALE — Verskeie lede van Mogolpluimbalklub is gekies vir die Limpopospan wat later vanjaar by die Suid-Afrikaanse-kampioenskappe in Hartenbos gaan deelneem.

Frank Scheun is gekies vir die Melville-span, Adrian Buhrmann en Jonina Grobler is gekies vir die Woodroffespan en Tommy Muszynski is gekies vir die Stravidisspan.

Frank, Adrian en Tommy is ook gekies as spankapteins van hulle onderskeie spanne.

Petro Kruger en JJ en Annelia van Zyl is gekies vir die Veteranespan.

Die Veterane-span speel van 4-11 Augustus en die ander spanne speel van 20-27 Oktober te Hartenbos.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.