LEPHALALE — Die Mogolringbalspanne (mans en dames) het Saterdag 2 Junie aan die Klubkampioenskappe te Krugersdorp deelgeneem.

Beide mans en dames was wenners van die Limpopodistrik en dit is die eerste keer in meer as 20 jaar dat Mogolringbal se damespan deurdring na die Klubkampioenskappe.
Albei spanne het tweede in hulle groep geëindig en hulle sê dit was vir hulle ʼn groot eer om aan die klubkampioenskappe deel te neem.