Mogolrugby domineer

Leoni Kruger
LEPHALALE — Die eerste – en tweede rugbyspan van Mogol Rugbyklub het Vrydag 22 Apil weer gewys dat hulle lus is vir rugby en wen. Mogol se eerste span wen hul wedstryd teen Nylstoom met ‘n telling van 45-15 en die die tweede span wen hul wedstryd teen Phagameng met ‘n telling van 22-14.
Mogol eerste span se puntemakers is Sven Schutte (een drie en die bal ses keer oorgeskop), Albert Schoeman (een drie), Jaco Louw (drie drieë) en Cobus Pretorius (een drie).
Jaco Louw en Wiaan Cornelisen is aangewys as Spelers van die Wedstryd.
Mogol se tweede rugbyspan se puntemakers is Abie Elmes, Willie Fourie, Dandré Grobler en Cheswill September wat elk een drie gedruk het en Cameron Potgieter wat pale toe geskop het.
Dandre Grobler en Johanco Pearson is as Spelers van die Wedstryd aangewys.
Die afrigters bedank elke speler en ondersteuner wat ver gery het na die wedstryde en hulle wens die beseerdes sterkte toe.
Die volgende wedstryde is Vrydag 6 Mei op Mogol se velde en hulle hoop dat die gemeenskap in massas sal opdaag om die spanne te ondersteun.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.