Mogolrugby roer

Mogolrugby het gekook teen die Oosrand Polisiespan en hulle stap weg met ‘n wentelling van 17-14
Mogolrugby het gekook teen die Oosrand Polisiespan en hulle stap weg met ‘n wentelling van 17-14

Leoni Kruger
LEPHALALE — Mogol Rugby was die afgelope twee weke baie bedrywig. Hulle het Saterdag 20 Februarie aan ‘n Sewes-toernooi te Groblersdal deelgeneem en uit die 14 deelnemende spanne het hulle die meeste punte vir die dag gemaak. Hulle wentellings was 36-0, 26-5, 31-0 vir die kwartstryd, 10-7 vir die semi-finaal en 17-17 vir die finaal teen Potties.
Die span van Potties het in die ekstra tyd die eerste punte aangeteken en word daarom as toernooiwenners aangewys. Marikus Cloete en Albert Schoeman is as Spelers van die Toernooi aangewys, maar die afrigters het beklemtoon dat al die spelers hulle beste gegee het.
Mogolrugby het Saterdag 27 Februarie aan ‘n rugbydag te Delmas deelgeneem en wen hulle wedstryd teen Oosrand Polisie met ‘n telling van 17-14. Nils Meiring word as Speler van die Wedstryd aangewys.
Die afrigters wens almal met beserings sterkte toe en bedank al die ondersteuners wat vyf ure gery het om Mogol se naam hoog te hou.
Die klub het ook ‘n fondsinsameling gehou met ‘n gelukkige trekking. Pryswenners en borge was as volg:
Eerste prys – Boela van Heerden – Rooibok; tweede prys – Dylan – R1 000; derde prys – Jurg van Heerden – R700 vleis, vierde prys – Mathew Brink – twee kaste bier.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.