Mogolrugby wen!

Die trotse Mogolklub-rugbyspan

LEPHALALE — Mogol Rugbyklub se eerste span het Vrydag 14 Julie teen Nylstroom Rugbyklub te staan gekom vir die Waterberg Reserweliga-finaal en Mogol se manne het die wedstyd gewen met ‘n telling van 58 – 10. Die wedstryd is op Hoërskool Ellisras se veld gespeel.
Die spanlys was as volg: Dandre Grobler (1), JP Fereira (2), Nico Fourie (3), Albert Maritz (4), Jean Fraser (5), Bertus van der Merwe (6), Kabelo Ndoweni (7), Nils Meiring (8), Cameron Potgieter (9), Jaco Louw (10), Heinri Markgraaf (11), Jean Myburgh (12), Jack Lamola (13), Cristiaan Ras (14), Albert Schoeman (15), Reinhard van Greunen (16), Kennith Modimola (17), Corne van Zyl (18), Ruan de Jager (19), Dandre Bosse (20), Stephen Shepherd (21) en Berne Mitton (22). Freddie Welman en Arnold Basson was die afrigters.
Die spelers sê die hoë wentelling kan misleidend wees, maar Nylstroom se span was waardige opponente, Mogol se verdediging was net in ‘n ander klas.
Mogol het uitstekende hardlooprugby gespeel en hulle het nie van die spelpatroon afgewyk nie.
Afrigter Freddie Welman sê dit is nie moontlik om een speler uit te sonder vir uitmuntende spel nie, want die hele Mogol se eerste span het hulle harte uitgespeel en die oorwinning verdien.
Die span het Freddie Welman as Speler van die Wedstryd benoem.
‘n Totaal van nege drieë is gedruk en Albert Maritz, Nils Meiring, Jaco Louw, Heinri Markgraaf, Jean Myburgh, Jack Lamola, Christiaan Ras, Albert Schoeman en Ruan de Jager was die puntemakers.
Mogol Rugbyklub bedank die mediese span (Nick du Toit en Gerhard Joubert) vir hulle uitstekende diens asook die Hoërskool Ellisras vir die gebruik van hulle veld en geriewe.
Hulle bedank ook die ondersteuners wat die span dwarsdeur die jaar ondersteun het en alle borge wat bydraes gelewer het. “Ons sien baie uit na volgende jaar en ons hoop dat ons borge nog ‘n jaar saam met ons sal stap” sê Freddie.
Die afrigters stel rugbyliefhebbers gerus dat hulle nog nie klaar is vir die jaar nie en hulle nooi nuwe spelers en borge om betrokke te raak. Hulle beplan sewes-rugby asook raakrugby vir die res van die jaar en ‘n toernooi word beplan waar maatskappye spanne kan inskryf.
Stuur gerus vir Mogolrugby ‘n boodskap op hul Facebook-blad of stuur ‘n e-pos aan welmanrecha@gmail.com of skakel Recha Welman by 079 507 7389 vir meer inlgting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.