Mooi so Rassiekrieket!

LEPHALALE — Die o. 10, o. 11 en eerste krieketspan van Laerskool Ellisras het deurgedring na die uitspeelrondes van die Limpopo-kampioenskappe.

Die eerste krieketspan is ligawenners

Die o. 10’s het die span van Laerskool Marble Hall met ses lopies gewen, die o. 11’s het die span van Laerskool Julian Muller met 110 lopies gewen en die eerste span het Julian Muller met agt paaltjies gewen.

Cilliers van der Merwe (o. 11) het 102 lopies aangeteken.

Die eerste span is ligawenners en die o. 11’s is naaswenners van die Waterbergstreek.

Die o. 10’s speel Donderdag 27 September teen die span van Laerskool Juliam Muller om die wenner en naaswenner te bepaal.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.