Movember gholf

Jan Beyer (gholfbestuurder), Riaan de Lange en Frans Faber  (Snorre en baarde-span) en voor: Marinda de Lange (Skoon gesigte-span)
Jan Beyer (gholfbestuurder), Riaan de Lange en Frans Faber
(Snorre en baarde-span) en voor: Marinda de Lange (Skoon gesigte-span)

Ria Wells
LEPHALALE — Die jaarlikse Movember gholf het Saterdag verrassend baie spelers gelok. Die kompetisie is in IS-formaat gespeel en die ‘Skoon gesigte’- en die ‘Snorre en baarde’-spanne het mekaar die stryd aangesê.
Jan Beyer, gholfbestuurder by Mogolklub, het die spelers bedank dat hulle aan die Movember gholf deelgeneem het asook diegene wat donasies gegee het en sodoende KANSA se koffers help aanvul het in hul groot taak ten opsigte van kanker. Die Movember-stigting het dit juis ten doel om mense se aandag te vestig op mansgesondheid wat met kanker verbind word.
Die ‘skoon gesigte’-span het as algehele wenners uit die stryd getree met Phil Snyman in die eerste plek, Marinda de Lange tweede, Kobus Booysen derde en P Schutte vierde.
Wenners in die ‘snorre en baarde’-span is Shane Pienaar in die eerste plek, Riaan de Lange tweede, Frans Faber derde en Deon Buys vierde.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.