
LEPHALALE — Jean-Pierre Brits (JP) en Christo Potgieter is tans besig met ‘n “Masjiensquash Limpopo Roadshow”.
Hulle het Saterdag in Lephalale ‘n draai gemaak en aanskoulike vertoonwedstryde is gespeel deur Phillippe Gaudry, Johan Erasmus, JP en Christo. Mogol se lede kon baie daaruit leer.
JP is nommer vyf op die Suid-Afrikaanse muurbalranglys en Christo nommer drie.
Lizette Spammer, self ‘n kranige muurbalspeler en nommer een op Mogolklub se damesranglys, het die besoekers bedank dat hulle’n draai in Lephalale gemaak het.