Muurbalkampioenskappe

Lofty Fourie en Lizette Spammer het Mogol-muurbal se naam hoog gehou
Lofty Fourie en Lizette Spammer het
Mogol-muurbal se naam hoog gehou

LEPHALALE — Die Mogol-muurbalkampioenskappe is van 31 Oktober tot 5 November gehou. Die uitslae was as volg:
Dames: Lizette Spammer (eerste), Angie Alverado (tweede) en Amanda Pretorius (derde).
 Mans: Lofty Fourie (eerste), Juan Scholtz (tweede) en JW Grobler (derde).
In die damesafdeling was daar vier inskrywings en in die mansafdeling was daar 12 inskrywings.
Die deelnemers sê hulle het die kampioenskappe baie geniet en daar het ‘n goeie gees geheers tydens die wedstryde.
Die kampioenskappe is Saterdagaand 5 November afgesluit met ‘n heerlike sosatiebraai en bykosse.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.