Muurbalnuus

Wenners in die A-afdeling - Voor is Shamir Cassim (Polokwane), Franco Welman (Polokwane) en Wouter Kotze (Tzaneen) en agter: Lofty Fourie (Mogolklub-Lephalale) en Henry Young (Polokwane)
Wenners in die A-afdeling – Voor is Shamir Cassim (Polokwane), Franco Welman (Polokwane) en Wouter Kotze (Tzaneen) en agter: Lofty Fourie (Mogolklub-Lephalale) en Henry Young (Polokwane)

Die Louis Trichardt-muurbalklub het vanjaar die 28ste Soutpansberg Uitdaag-toernooi aangebied. Spanne van die Adelaars- en Kentronklub in Pretoria sowel as ‘n gekombineerde span van Polokwane wat spelers van Tzaneen en Lephalale insluit het teen die plaaslike spelers deelgeneem.
In die A-afdeling is Adelaars, die verdedigende kampioene van die afgelope paar jaar deur die Polokwanespan onttroon.
In die B-Afdeling kon die Louis Trichardt-span ook nie daarin slaag om hulle titel te verdedig nie en Polokwane het ook hierdie afdeling gewen.
Die klub bedank al die borge vir die dag.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.