Muurbalnuus

Voor v.l.n.r: Ronel Welman, Mieke Pistorius, Erik Welman en Emmie van Zyl. Agter is Vincent van der Merwe, Leon Gelderbloem en Robby Vilar
Voor v.l.n.r: Ronel Welman, Mieke Pistorius, Erik Welman en Emmie van Zyl. Agter is Vincent van der Merwe, Leon Gelderbloem en Robby Vilar

Ria Wells
LEPHALALE – Die Limpopo Muurbalkampioenskappe is die naweek van 4 tot 6 Maart by die Mogolklub aangebied. Lofty Fourie het almal wat die toernooi bygewoon het van harte bedank dat hulle bereid was om so ver te reis vir die kampioenskap, asook die komitee wat hard gewerk het om die toernooi onvergeetlik te maak. Hy het ook die Mogolklub geluk gewens met die uitstekende fasiliteite. Spelers, 26 mans en ses dames, vanoor die hele Limpopo was hier bymekaar. ‘n Skeidsregterskursus vir vlak 1 en 2 is terselfdertyd deur Leon Gelderbloem aangebied. Die Limpopo- kampioenskappe vind volgende jaar in Polokwane plaas.
Mogolklub se nuwe voorsitter vir die muurbalsubseksie, Robby Vilar, het die prysuitdeling waargeneem.
In die damesafdeling het Mieke Pistorius met die louere weggestap, gevolg deur Ronel Welman in die tweede en Emmie van Zyl in die derde plek. In die mansafdeling het Erik Welman vir die tweede agtereenvolgende jaar skoonskip gemaak, met Vincent van der Merwe in die tweede – en Lofty Fourie in die derde plek.
Limpopospanne word uit hierdie kampioenskap gekies om deel te neem aan die SA Plattelandse distrikte-toernooi in George wat gedurende Mei plaasvind. Squash SA is ook bevoorreg om in September die Wêreld Veterane-kampioenskappe, wat in Johannesburg plaasvind, aan te bied.
Twee spelers van Lephalale is reeds vir hierdie prestige toernooi ingeskryf.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.