LEPHALALE — Neels Leach het Saterdag 19 November die vyfde lid van die Mogol parkrun se 100-klub geword. Hy spog met ‘n persoonlike beste tyd van 33 minute en 44 sekondes, die tweede beste tyd in sy ouderdomskategorie by Mogol parkrun. Hildegard Snyman het Saterdag haar 50ste parkrun voltooi. Sy is die huidige Mogol parkrun vroue baanrekordhouer met ‘n tyd van 21 minute en 35 secondes.