‘n Eerste vir rolbal

Linton en Ella

Ria Wells
LEPHALALE – Gedurende Maart is die Interdistrikte rolbaltoernooi te Port Shepstone in KZN gehou. Dit was die eerste keer dat Mogolklub verteenwoordig is by so ‘n toernooi. Linton en Ella Burger was gekies om as deel van die Limpopospan saam met nege ander rolbaldistrikte sake uit te spook en hulle behaal ‘n algehele agtste plek. Hulle het die afgelope naweek hul deelnamesertifikate tydens ‘n funksie te Duiwelskloof ontvang.
Linton is ook ‘n SA Bowls-gekwalifiseerde rolbalafrigter en nooi belangstellendes om Dinsdag- en Donderdagaand vanaf 17:30 by hulle aan te sluit vir oefening, asook Saterdagmiddae vanaf 13:30.
Kontak Ella by 082 895 9477 of Linton by 083 657 4089 vir enige verdere navrae.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.