Nathalie dans haar pad oop

Leoni Kruger
LEPHALALE — Nathalie Perrier, ‘n graad 10-leerder aan Hoërskool Ellisras, het onlangs Springbokkleure ontvang by ‘n internasionale danskompetisie van die International Fine Arts Association (IFAA) in Windhoek in Namibië.
Dansers vanoor die hele Europa neem ook aan hierdie kompetisie deel en om te kwalifiseer moet deelnemers 85 % per dansitem behaal.
Nathalie het haar skool en Suid-Afrika se naam hoog gehou deur meer as 90% in al vier haar danskategorieë te kry. Sy ontvang dus Springbokkleure in al vier kategorieë.
Nathalie behaal ‘n eerste plek in die kategorie “show modelling” asook ‘n algehele tweede plek.
Asof dié rits prestasies en opwinding nie genoeg is nie, is sy boonop gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig by die IFAA se internasionale kompetisie wat aanstaande jaar in Barcelona gehou word.
Haar ouers sê hulle is bitter trots op hulle ster-danser.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.