Netbalkursus sukses

Fransa de Beer
LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se netbalspelers is die afgelope vakansie (22 – 24 Maart) vir ‘n afrigtingskursus na Konka Magaliesburg.
Volgens die spelers het hulle tegnieke en vaardighede geleer by onder andere Elsje Jordaan, hulpafrigter van die Protea netbalspan. Die dogters is ook na die hindernisbaan waar hulle meer geleer het van spanwerk en balans. Balvaardighede is aangespreek en die leerders is toegespreek deur ‘n motiveringspreker wat maniere hoe om ander te inspireer beklemtoon het.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.