Niks is lou vir Loutjie

LEPHALALE — Loutjie Steenekamp van Hoërskool Ellisras het Saterdag 11 Februarie aan ‘n AGN-atletiek-byeenkoms in die Junior Mans-afdeling (eerstejaar-studente) deelgeneem en uitmuntend gevaar.
Loutjie behaal ‘n eerste plek in die 400 m hekkies met ‘n tyd van 54.01 s, ‘n derde plek in die 200 m met ‘n tyd 21.45 s en ‘n vierde plek vir die 110 m hekkies in 14.03 s.
Hoërskool Ellisras is baie trots op hierdie uitstaande atleet wat ook vanjaar hoofseun van die skool is.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.