Niks minder as goud

Werdie en Hennie
Werdie en Hennie

Leoni Kruger
LEPHALALE — Hennie en Werdie van Staden van Mogol Nyala Boogklub het die afgelope naweek (23 en 24 April) te Hartebeespoortdam aan die Noordwes Field Kamp oor twee dae deelgeneem en albei goue medaljes verwerf.
Die skuts het tot en met 80 jaart geskiet, 112 pyle per dag. Skuts van sover as Port Elizabeth en Bloemfontein het deelgeneem. Hennie van Staden neem deel aan die AMBU (Adult Male Bow Hunter Unlimited) waar daar tot en met 80 jaart geskiet word. Hy het die eerste dag met die “Field”-rondte 520 uit 560 geskiet en die tweede dag in die “Hunters” rondte skiet hy 533 uit 560. Hy ontvang ‘n goue medalje.
Werdie neem deel aan die AMFU (Adult Male Freestyle Unlimited) waar daar tot en met 80 jaart geskiet word. Hy skiet ‘n ongelooflike 545 uit 560 in die” Field” rondte en 538 uit 560 in die “Hunters” rondte. Hy ontvang ook ‘n goue medalje.
Die volgende kampioenskappe is op 7 en 8 Mei by Hartebeespoortdam en dit is die eerste Bow Hunter-kompetisie afstandskat tot en met 60 jaart vir die jaar.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.