Nog ‘n Van Rooyen…

nog-n-van-rooiyen

LEPHALALE — Amanda van Rooyen het Saterdag 15 Oktober haar 50ste parkrun voltooi. Sy kan dus nou saampraat met haar man, Willem, en ouma Lettie wat reeds die mylpaal bereik het.
Hul dogters, Wilmi en Anika, is ook gereelde parkrunners en hulle sê hul sluit een van die dae by die res van die familie aan. Amanda spog met ‘n persoonlike beste tyd van 29 minute en 45 sekondes.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.