o. 14’s na semi-finaal

Dries, Janco, JP, Tokkie en Nelius
Dries, Janco, JP, Tokkie en Nelius

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se o. 14-rugbyspan het Saterdag 13 Augustus in Nelspruit die Beeldtrofee kwarteindrondte-wedstryd teen Hoërskool Curro gespeel en gewen met ‘n telling van 29-10.
Die span skryf hulle sukses toe aan uitstekende spanwerk.
Drieë word gedruk deur Dries van Heerden, Janco Lötter, Tokkie de Beer (wat ook slaag met twee doelskoppe), JP van Staden en Nelius Grieshaber.
Dié manne kom Saterdag 20 Augustus in die semi-finale rondte van die Beeldtrofee te staan teen Hoërskool Leeuwenhof in Boksburg. Rohan Besseling, mede-afrigter Rudolph Fourie en spanbestuurder Thildie Erasmus is baie trots op hulle span.
Die skool se beste wense vergesel hulle.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.