o. 14’s: onoorwonne na finaal

Ruan Basson, Tiaan Oelofse, Tokkie de Beer, Nelius Grieshaber, Ashley Nengobela en Janco Lötter
Ruan Basson, Tiaan Oelofse, Tokkie de Beer, Nelius Grieshaber, Ashley Nengobela en Janco Lötter

Leoni Kruger
LEPHALALE — Die bekende o. 14-rugbyspan van Hoërskool Ellisras het Saterdag 20 Augustus uitmuntend presteer in die semifinale uitspeelwedstryd vir die Beeldtrofee teen Hoërskool Leeuenhof te Boksburg. Hulle wen met ‘n allemintige telling van 58-0!
Puntemakers is Janco Lötter met drie drieë, Tokkie de Beer, Ruan Basson, Nelius Grieshaber en Tiaan Oelofse met een drie elk en Ashley Nengobela met twee drieë. Ruan Basson slaag met ses uit nege skoppe.
Die manne sê hulle is slaggereed vir die Beeldtrofee finaal wat Saterdag 27 Augustus in Vryburg teen Hoërskool Merensky van Tzaneen gespeel word.
Die o. 14-span was vanjaar onoorwonne en hulle spangees is aansteeklik. Hulle het verlede week elke oggend koffie en muffins voor die skool verkoop om geld in te samel vir hulle verblyf die afgelope naweek in Boksburg. ‘n Oulike inisiatief wat wys dat hulle bereid is om te werk om iets te bereik.
Skoolhoof Louis Campbell sê die hele skool glo en hoop dat dié energieke klomp die Beeldtrofee sal huis toe bring en hy wens hulle alle sterkte toe vir die wedstryd wat voorlê.

Die vyftiental het verlede week elke oggend koffie en muffins verkoop om geld bymekaar te maak vir hulle verblyf in Boksburg, waar hulle die afgelope naweek die Beeldtrofee semifinaal gewen het
Die vyftiental het verlede week elke oggend koffie en muffins verkoop om geld bymekaar te maak vir hulle verblyf in Boksburg, waar hulle die afgelope naweek die Beeldtrofee semifinaal gewen het

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.