o. 15-krieket kook

Hoërskool Ellisras se o. 15-krieketspan is onkeerbaar
Hoërskool Ellisras se o. 15-krieketspan is onkeerbaar

Fransa de Beer
LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se o. 15-krieketspan was verlede week baie bedrywig. Hulle wen twee wedstryde in een week.
Die entoesiastiese o. 15’s speel Donderdag 8 September teen die span van Northam Academy op tuisveld, waartydens die Rassiespelers hul 185 lopies in die toegelate boulbeurte maak, maar hulle boul hul teenstanders uit vir net 98 lopies. Janco Lötter maak 62 lopies en Conrad Prinsloo 41 en laat vyf paaltjies tuimel.
Saterdag 10 September wen hulle Hoërskool Nylstroom se span in Nylstroom met vier paaltjies nadat die Nylies vir net 66 lopies uitgeboul word. Janco Lötter maak 29 lopies en Nico Snyman en Conrad Prinsloo vat elk drie paaltjies.
Dit is die eerste wedstryd wat Nylstroom vanjaar verloor en afrigter Naas Reynecke en sy mede-afrigters is baie trots op hulle span.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.