o. 16’s reg vir Beeldtrofee

Puntemakers in die o. 16-span se eerste uitspeelwedstryd vir die Beeldtrofee was agter: Quanne Vorster, Hannes Pretorius en voor: Nico Oosthuizen, MC Pitout en Steyn van Staden
Puntemakers in die o. 16-span se eerste uitspeelwedstryd vir die Beeldtrofee was agter: Quanne Vorster, Hannes Pretorius en voor: Nico Oosthuizen, MC Pitout en Steyn van Staden

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se o. 16-rugbyspan het Saterdag 30 Julie hulle eerste uitspeelwedstryd vir die Beeldtrofee teen Hoërskool Stofberg in Brakpan gespeel en na ‘n naelbytstryd gewen met ‘n telling van 32-23.
Volgens Louis Campbell, skoolhoof, het hy amper ‘n hartstilstand gehad gedurende die eerste helfte waarna die telling 3-18 in Stofberg se guns was. Die bus vol ondersteuners wat saamgegaan het, het ondersteun dat dit bars en afrigters Eddie Elmes en Fanus du Plessis het die manne teen halftyd ernstig moed ingepraat.
Die manne het die tweede helfte met nuwe vuur aangepak en drieë is gedruk deur MC Pitout, Hannes Pretorius, Nico Oosthuizen en Quanne Vorster. Steyn van Staden slaag met twee strafdoele en drie doelskoppe.
Daar word met groot lof gepraat van Divan Geldenhuys, ‘n o. 15-speler wat ingestaan het vir ‘n beseerde speler. Hy het sy kant behoorlik gebring.
Die kwarteindrondte vir die Beeldtrofee word Saterdag 13 Augustus in Barberton teen Hoërskool Barberton gespeel.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.