Obaro vier 2016 met Gholfdag

V.l.n.r. Nic Bronkhorst (besturende direkteur: Obaro), Cobus Beetge, Cor Cross en Fritz Marx
V.l.n.r. Nic Bronkhorst (besturende direkteur: Obaro), Cobus Beetge, Cor Cross en Fritz Marx

Obaro, saam met kliënte, aandeelhouers en verskaffers het op 10 November ʼn suksesvolle 2016 tydens die Obaro Gholfdag gevier. Spelers van regoor Obaro se bedieningsgebied het die dag bygewoon en behoorlik hul gholfvaardighede gewys.
Die spanne het nie op hulle laat wag nie en die jolige atmosfeer het bygedra tot die sukses van die dag. Die Obaro Middelburg-span het egter die ander 18 spanne uitgestof en as wenners elk met ʼn R5 000 TurfAg-koopbewys weggestap. Die tweede plek is deur die span van Potchefstroom opgeneem met Obaro–koopbewyse (geborg deur Avidan) en in die derde plek het die span van Brits elk met ’n Kaufmann-kampstoel weggestap.
Die veertiende putjie het spelers se vaardighede getoets met naaste-aan-die-pen en Wilscott Radley het Rain Bird Spuite gewen. Henning Wenhold het ʼn R1 000 Obaro-koopbewys losgeslaan met die langste dryf by putjie agtien.
“Om die boer se besigheid op elke plaas te wees, is wat Obaro elke dag dryf. Obaro stap elke dag saam met die boer deur die plaashek en boer saam, dag-vir-dag en jaar-vir-jaar. Die Obaro Gholfdag is om dankie te sê vir ons boere, wat ons help om elk dag ons voete-op-die-plaas te kry en saam te boer en saam te droom,” het Nic Bronkhorst, besturende direkteur van die Obaro Groep gesê.
Obaro bedank al die verskaffers vir hul bydraes.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.