Opedag vir kultuur en fietsry

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras het Woensdag16 Januarie ʼn Kultuur en Fietsry-opedag gehou sodat nuwe aktiwiteite aan die leerders bekendgestel kon word.

ʼn Paar bergfietse is uitgestal en leerders kon vrae vra. Helene Glas was byderhand om inligting te deel en leerders kon inskryf vir EHS se bergfietsspan.

Dawie du Plessis, ʼn professionele fietsryer, het al die pad van die Vrystaat af gekom om ʼn demonstrasie te gee.

Hoërskool Ellisras het verlede jaar ʼn besondere bergfietsbaan gebou en die fietsryers het mekaar Woensdag op dié baan uitgedaag vir tydtoetse.

Volgens die kranige fietsryers word daar groot hoogtes voorspel vir dié sportsoort.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.