Opwinding by die Mall

Ria Wells
LEPHALALE — ‘n Opwindende “Membership Drive” word Saterdag 8 April deur Mogolklub by die Lephalale Mall aangebied.
Dit beloof om ‘n dag propvol sport, pret en ontspanning te wees en die gemeenskap word almal uitgenooi om deel daarvan te wees.
Om 13:30 skop vertonings deur die gevegskuns-afdeling af, gevolg deur die Taekwon-do-karate en daarna “Step”.
Daar kan deurlopend aan “spinning” deelgeneem word en ‘n mini pluimbal- en rolbalbaan is beskikbaar.
Gaan steek gerus kers op by die kenners en wie weet … dalk vind jy ‘n sportsoort so reg na jou hart en sluit sommer dadelik by die klub aan.
Perderitte en boogskiet is ook van die items wat aangebied word en hul bedrywighede sal op die parkeerterrein plaasvind.
Kontak Denise by die Mogolklub by 014 763 2527 vir enige verdere navrae.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.