Pa en seun mik hoog

LEPHALALE — Hennie en Werdie van Staden van Mogol Nyala Boogklub het Saterdag 16 Julie aan die Noord-Gauteng-kampioenskappe ABO – Africa Bow Hunting Organisation – deelgeneem.
Werdie van Staden skiet ‘n uitstekende telling van 199 uit 220 in die MBO (Male Bow Hunter Ope) afstandskat tot en met 50 jaart en hy behaal goud.
Hennie van Staden skiet 187 uit 220 in die MSR (Male Senior Release (pennetjies) afstandskat 45 jaart en behaal silwer.
Hulle neem Sondag 17 Julie deel aan die Noord Gauteng Field Kampioenskappe te Hartebeespoortdam waar hulle skiet tot en met 80 jaart.
Werdie behaal silwer in die AMFU (Adults Male Freestyle Unlimited) met ‘n telling van 543 uit 560 en Hennie behaal ook silwer in die AMBU (Adults Male Bow Hunter Unlimited) met ‘n telling van 532 uit 560.
Hennie en Werdie is gekies as twee van die 10 Springbokke wat vanaf 20 September (deelname oor vyf dae) in Australië aan die Field Wêreldkampioenskappe gaan deelneem.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.