Pa en Seun wéér SA-kampioene

Hennie en Werdie
Hennie en Werdie

Ria Wells
LEPHALALE — Die Bowhunter SA-kampioenskappe het op 8 en 9 Oktober te Hartbeespoortdam plaasgevind met deelnemers van so ver as die Kaap tot Phalaborwa, asook Hennie en Werdie van Staden van Mogol Nyala Boogklub.
Vir die skuts was dit ‘n winderige en onplesierige twee dae, maar ten spyte daarvan is goeie tellings behaal.
Werdie van Staden, die goue seun van Lephalale, het in die AMFU-toernooi (Adults Male Freestyle Unlimited) afstandskat tot 60 jaart vir beide dae op die eerste dag ‘n wentelling van 502 uit 560 behaal en op die tweede dag ook ‘n wentelling van 407 uit 440 geskiet. Hy word aangewys as die SA-kampioen vir die toernooi. Twee Gautengers beklee die tweede en derde plekke.
Hennie van Staden het in die AMBU-afdeling (Adults Male Bowhunter Unlimited) afstandskat tot en met 60 jaart op die eerste dag ‘n wentelling van 489 uit 560 aangeteken en op die tweede dag ook ‘n wentelling van 394 uit 440. Hy word in sy afdeling ook aangewys as die SA-kampioen vir die toernooi.
Hennie sê dat oud-bosvelder, Johan Human, tweede in dié afdeling gekom het en ‘n skut van die Pongolaklub die derde plek behaal het.
Hierdie drie kampioenskuts hou die bosveld se naam hoog!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.