Perde- en boeresport

Mei-6

LEPHALALE — Die Resies-komitee van die Mogol perdry-subseksie het Saterdag 28 Mei ‘n geslaagde Boeresportdag aangebied.
Plaaslike perde sowel as resiesperde van Rustenburg en Krugersdorp het deelgeneem. Die dag het bestaan uit vyf resiesperdwedrenne, twee boerperdwedrenne, twee halfbloedwedrenne, perdespeletjies en die immergewilde boeresport.
Leandri du Plessis van Hoërskool Ellisras behaal drie eerste plekke en een tweede plek. Die komitee bedank die gemeenskap vir hulle ondersteuning.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.