Pluimbal presteer

LEPHAHALE — Capricorn Badminton Club in Polokwane het Saterdag 4 Maart ‘n vriendskaplike toernooi aangebied en 10 van Mogol se spelers het deelgeneem en goed gevaar.
‘n Totaal van 22 dames en 25 mans het deelgeneem. Merkwaardige prestasies deur Mogol-spelers:
Mans enkel-wenner – Frank Scheun;
Mans enkel plaatwenner – Tommy Muszynski;
Vroue enkel plaatwenner – Mariet van Jaarsveld;
Mans dubbels – tweede plek Adrian Buhrmann en Frank Scheun;
Mans dubbels plaat – tweede plek Jacques Botha en Tommy Muszynski;
Vroue dubbels – tweede plek Chlarisa Strydom en Hannelize;
Vroue dubbels plaatwenners – Petro Kruger en Mariet van Jaarsveld;
Gemeng – tweede plek Frank Scheun en Ilze Buhrmann; en
Gemeng plaatwenners – Petro Kruger en Tommy Muszynski.
Die klub wens al die spelers geluk met baie goeie prestasies.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.