Pret met Pienk

Wenners v.l.n.r.  Shane Pienaar, Francois Meyers, Tiaan Geldenhuys, Riaan en Marinda de Lange en Daan Eloff
Wenners v.l.n.r. Shane Pienaar, Francois Meyers, Tiaan Geldenhuys, Riaan en Marinda de Lange en Daan Eloff

Ria Wells
LEPHALALE – Saterdag se gholfdag by Mogolklub was gekenmerk deur pret in pienk tydens ‘n Pienk Bal-kompetisie wat in vierbal alliansie gespeel is. Die pienk balle is deur die gholfklub verskaf en spelers kon na hartelus aantrek om die meeste aandag te trek vir die prys vir die besgeklede of is dit nou pienkste paartjie? Dié prys is met vlieënde vaandels deur “tannie” Len en “oom” Marieta Steyn gewen.
Riaan de Lange het die prysuitdeling waargeneem en die wenners was as volg:
In die Pienkbal-kompetisie het Roaan Hefer, Shane Pienaar, Francois Meyers en Tiaan Geldenhuys geseëvier met 42 punte en in die vierbal-alliansie het Riaan en Marinda de Lange, Daan Eloff en Hannes Botha as wenners uit die stryd getree met 94 punte. Naaste aan die penne was Gerhard Pansegrouw op putjie 8 en Jannie Lewies op 11.
Dit was duidelik dat die spelers ‘n lieflike dag op die baan gehad het wat met ‘n braai afgesluit is. Riaan het die spelers wat moeite gedoen het om saam te braai spesiaal bedank.
Jan Beyer het van die geleentheid gebruik gemaak om spelers vir die “Spring Blossom”-kompetisie eerskomende na-week uit te nooi wat vir slegs R150 per speler ‘n halfweg- asook aandete insluit met musiek en dans daarby as deel van die lentevieringe by die gholfklub.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.