Quad Fun – Modderpret

Pret en adrenalien by die waterpan (nog foto’s op Mogol Pos se Facebook)
Pret en adrenalien by die waterpan (nog foto’s op Mogol Pos se Facebook)

 

Ria Wells
STEENBOKPAN — Daar was groot pret en plesier tydens Saterdag 17 September se Quad Fun op Steenbokpan wat deur Mogol Motors ten bate van NG Kerk Limpopo aangebied is.
Hierdie jaar het die roete deur pragtige natuurskoon by die gewilde waterpan begin en ook daar geëindig. Klein en groot het in die water baljaar en fietsryers het ook hul kwota pret behoorlik om die pan gehad. NG Kerk Limpopo het ‘n stalletjie met die lekkerste verversings aangebied en een ding kan gesê word: Bets Pelser, jy mag maar pannekoek bak! Liplekker!
Ds Chris Nel bedank Mogol Motors vir hul bystand die afgelope elf jaar wat dié klein gemeente met die groot hart ‘n finansiële inspuiting gee deur middel van die kwadpretdag.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.