Rassie-atlete presteer

Die sterre van Laerskool Ellisras is Dries du Preez (regs agter), Unati Nkomo (regs voor), Mohau Tswidi (links voor), HJ Pienaar (middel agter) en Jan du Plessis (links agter)
Die sterre van Laerskool Ellisras is Dries du Preez (regs agter), Unati Nkomo (regs voor), Mohau Tswidi (links voor), HJ Pienaar (middel agter) en Jan du Plessis (links agter)

LEPHALALE — Elf atlete van Laerskool Ellisras het Woensdag 2 Maart aan die Limpopo-atletiekkampioenskappe deelgeneem en hulle het uitstekend gevaar.
Dries du Preez behaal ‘n derde plek in diskus seuns o.13, Unati Nkomo behaal ‘n tweede plek in die 70 m hekkies seuns o.10; Mohau Tswidi ontvang ‘n goue medalje vir die 70 m hekkies seuns o.11; HJ Pienaar ontvang twee silwer medaljes vir die 100 m en 150 m seuns o.12.
Jan du Plessis behaal ’n uitsonderlike prestasie deur twee goue medaljes te verdien in die 100 m sowel as die 200 m vir seuns o.13. Jan du Plessis en HJ Pienaar kwalifiseer albei vir die SA-kampioenskappe en word opgeneem in die Limpopospan wat vanaf 11 – 12 Maart in Port Elizabeth aan die SA’s gaan deelneem.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.