Rassie-interhuis

IMG_0329

LEPHALALE — Laerskool Ellisras het hulle jaarlikse interhuis-atletiekbyeenkoms Donderdag 21 Januarie by die skool gehou.
Die optog het om 12:30 begin, waarna die dirigente deur hul spanne verwelkom is.
Die eerste skote het om 13:30 geklap.
Die atlete het met oorgawe deelgeneem en aan die einde van die dag het die Rooibokke met die atletiekbeker weggestap. Die sangbeker is gedeel.
Die volgende atlete het baie goed presteer: HJ Pienaar is aangewys as die beste seunnaelloopatleet en die beste veldatleet. Hy word ook aangewys as die Victor Ludorum en Kampioen van Kampioene.
Elane Erasmus word aangewys as die beste naelloopdogter en Kampioen van Kampioene. Jo-Ann Daffue is die beste dogterveldatleet en Dries du Preez die beste seunveldatleet.
Die onderwysers en afrigters bedank die kinders vir hulle goeie gesindheid en die ouers vir hulle ondersteuning.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.