Rassie-rugby begin goed

LEPHALALE — Die o. 9-, o. 10-, o. 11- en eerste rugbyspan van Laerskool Ellisras was gedurende die Aprilvakansie op toer na Thaba Maroela naby Brits.
Volgens Pieter de Swardt, afrigter, het die spanne goeie rugby gespeel met veral die eerste span wat die week onoorwonne afgesluit het.
Hy sê hulle sien uit na ‘n goeie rugbyseisoen en hy wens al die spanne sterkte toe.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.