Rassie-sweminterhuis

Laerskool Ellisras Bertie Joubert-swembekerwenners

LEPHALALE — Die Laerskool Ellisras het Donderdag 21 September hulle jaarlikse swemgala gehou en die Rooibokkies is na ʼn lang suksesvolle dag as wenners aangewys. Hulle wen beide die sang- en swembeker.
Kyra Naude en Lourens Pieterse ontvang die Bertie Joubert-swembekers vir juniors en die Bertie Joubert seniorswembekers word gedeel deur Simoné Steenekamp, Marcelle Kritzinger en HJ Pienaar.
Die skool bedank die borge, ouers en swemmers wat tot die sukses van die dag bygedra het.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.