LEPHALALE — Laerskool Ellisras se o. 11-krieketspan het Dr. Annecke Skool van Letsitele Dinsdag 18 Oktober tydens die semifinale in Polokwane gewys hoe om krieket te speel. Dié span speel dus in die finaal (datum en tyd was teen druktyd nog nie bekend nie.)
Die o. 11-krieketspan van Laerskool Ellisras wat in die finaal gaan speel is agter v.l.n.r.: Francis Makgae, FJ Drotskie, Divan Malan (K), Unati Nkomo, Xander Loubser (O/K), Alten Horn, Reon Naude, Mohau Tswidi en voor: Celliers van der Merwe en Erich van Staden.