Rassies se raakvatresepte

Ansu Leahy, Hendrik Smith en Eska Pienaar

LEPHALALE — Die Rassies sê hulle sal die dag en datum, Vrydag 31 Mei, beslis onthou, want hulle nuwe projek is die eerste van sy soort en baie uniek. Dié reuseprojek behels die saamstel van ʼn resepteboek met die titel Raakvat Resepte.

Onderwysers het van hulle eie asook resepte van familie en vriende met sorg uitgekies vir hierdie uitgawe. Die Pretspan het ʼn Pik-en-Proe-ronde gehou om die beste drie resepte aan te wys.

Eska Pienaar, Ansu Leahy en Hendrik Smith het onder leiding van Celeste Jordt die geregte, wat deur die onnies self voorberei is, geproe en beoordeel. Punte is bereken en hierdie pryse sal tydens die Nataniël in Concert-vertoning op 26 Julie bekend gemaak word.

Die pryse is ʼn “Master Chef”-baadjie, ʼn Nataniël-boek en ʼn Onnie-resepteboek.

Hierdie resepteboek sal vanaf Maandag 29 Julie by Laerskool Ellisras te koop aangebied word. Wat die resepteboek verder uniek maak is dat Nataniel een van sy eie resepte goedgunstiglik vir die resepteboek beskikbaar gemaak het en daarby gaan teken.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.