Rassies toer

LEPHALALE — Die o.9-, o.10-, o.11- en eerste rugbyspan van Laerskool Ellisras het die afgelope vakansie getoer en groot sukses gehad.
Die eerste rugbyspan het al hulle wedstryde oortuigend gewen.
Die o.10-, o.11-, o.12- en eerste netbalspan het ‘n toer na Camp Discovery onderneem en die voorreg gehad om deur die beste afrigters en spelers in Suid-Afrika afgerig te word.
Die kompetisie was sterk, want hulle moes meeding teen skole van regoor die land en selfs Namibië.
Die skool bedank die borge wie se hande oop was vir die rugbyseuns en netbaldogters.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.