Rateltaai o. 14’s…

WP Vermeulen, Tiaan Malan, Ruan Basson, Thinus vd Westhuizen en Ashley Nengobela het punte aangeteken in die eerste uitspeelrondte vir die Beeldtrofee
WP Vermeulen, Tiaan Malan, Ruan Basson, Thinus vd Westhuizen en Ashley Nengobela het punte aangeteken in die eerste uitspeelrondte vir die Beeldtrofee

LEPHALALE — Die o. 14-rugbyspan van Hoërskool Ellisras het Saterdag 30 Julie die span van Hoërskool Brand-wag in Benoni in die eerste uitspeelrondte vir die Beeldtrofee gewen met ‘n uitstekende telling van 36-5. Puntemakers was Thinus van der Westhuizen, Tiaan Malan en WP Vermeulen wat elk een drie gedruk het. Ashley Nengobela druk twee drieë en Ruan Basson slaag met vier doelskoppe en een strafskop.
Dié span, wat die hele seisoen nie een wedstryd verloor het nie, dring nou deur na die kwarteindrondte vir die Beeldtrofee wat op 13 Augustus in Nelspruit teen Nelspruit Curro gespeel gaan word.
Louis Campbell, skoolhoof, sê die skool is baie trots op dié rateltaai manne en hulle wens hulle alle sterkte toe vir die volgende wedstryd.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.