Ringbalnuus

LEPHALALE — Mogol se ringbalspelers het baie goed gevaar in die afgelope SA-toernooi.

Johan Kruger ontvang SA-kleure

Simone Lombard (o. 13-dogters) se span ontvang ʼn goue medalje en Herman Lombard (o. 11-seuns) se span ontvang ʼn silwer medalje. Hy ontvang ook sy SA-kleure.

Johan Kruger neem deel in die Veterane Mans-kategorie en hy ontvang ook sy SA-kleure.

Annetjie Kruger tree op as speler- en spanbestuurder vir die Meester Mans en Dames.

Mogol Ringbal bedank almal wat dit vir die spelers moontlik gemaak het om die toernooi by te woon.

Alle ervare en onervare spelers word uitgenooi om by Mogol Ringbal aan te sluit – hulle begin reeds weer in Augustus oefen.

Skakel Apie Higgo by 078 803 3492 of Fransisca Higgo by 074 217 9237 vir meer inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.